Ipatijef-huis

Ipatijef-huis in Jekaterinburg (later Swerdlofsk), in 1930.

Die Ipatijef-huis of Ipatjef-huis (Russies: Дóм Ипáтьева, Dom Ipatjewa, of Ипáтьевский дóм, Ipatjefski dom) was 'n huis in Jekaterinburg (later hernoem tot Swerdlofsk) waar die voormalige keiser Nikolaas II van Rusland, sy gesin en lede van hulle huishouding in Julie 1918 doodgeskiet is[1] ná die Bolsjewistiese Rewolusie. Die naam daarvan is toevallig dieselfde as dié van die Ipatijef-klooster in Kostroma, van waar die Huis van Romanof die troon bestyg het. Net voor die moord op die Romanofs is die huis herdoop tot Die Huis met 'n Spesiale Doel.

As deel van die 60ste herdenking van die rewolusie is die huis in 1977 gesloop op bevel van die Politburo van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie – byna 59 jaar ná die moord op die Romanofs en 14 jaar voor die verbrokkeling van die Sowjetunie self in 1990-'91.

  1. Encyclopædia Britannica, page 70, Volume 13, Macropaedia 1983

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search